Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Algemene kennis (Vir 'n seun wat lekker hard met sy duim en middelvinger kan klop) Wie van julle kan my sê? Daar's 'n dier wat eiers lê, Maar sy vel word weer bewerk Vir dameskoentjies net en sterk. Ek wed, sê Andries Esterhuys, Dit is 'n mannetjievolstruis. Ja, dit is amper reg gesê, Maar hoeveel eiers sal hy lê? [pagina 303] [p. 303] Watter dier is dit, Alsander? Ek dink 'n bloukopkoggelmander. Dit is naby, maar tog mis. Meneer, ek raai 'n akkedis. Meneer, ek wil 'n hasie sê - Die soort wat Paasfeeseiers lê! Wat kan jy met 'n haasvel doen? Dis voering vir 'n hand se skoen! Fransie, hoe sit jy so stil? Meneer, ek dink 'n krokodil! Heeltemal reg. Nou nog een, Daan. Meneer, ek raai 'n pikkewaan. Ekskuus? Wat sê jy, Teunsie Steyn? Meneer, hy meen 'n likkewyn! Vorige Volgende