Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd1 Die olifantHierdie gomlastiekkalant
Met 'n stert aan elke kant,
Met sy turfvel kaal en skurf,
Met sy langslang van 'n slurf,
Is die
Olie-
rolie-
polie-
katjie-
poetjie-
olifant.
| |
2 Die renosterDie droster met sy vaal karos,
Daar by die wag-'n-bietjie-bos,
Met die dik opnaaisels in sy huid,
Met 'n tandestoker op sy snuit -
| |
[pagina 300]
| |
Dit is mos
die Agteros-
sambok-
renosteros.
| |
3 Die dromedarisDie harige ou harlekyn,
Die Fordkar van die sandwoestyn,
Met 'n rolvat water in sy inventaris,
Wat nog altyd silwerskoon en klaar is,
Is die
Kalaharie-
Sarie-
harie-
blikkanarie-
drome-
daris.
| |
4 Die seekoeiDie ou vetsak wat daar woedend brul,
Is die bitsige ou seekoeibul.
Wat sê u, hooggeleerde Dominee?
Is dit 'n contradictio in terminee?
O nee, ek weet hy is gedoop aldus:
Die
Hiep-hiep-hiep
hoerê-
po-
potamus.
| |
[pagina 301]
| |
5 Die kameelperdDie ou langenekker op-en-af,
Met sy alkant-selfkant-draf,
Met sy klein verdwaalde koppie
In die hoogste boom se toppie,
Is ou
Veertien-
voet-
van-
seerkeel-
as-
hy-
keelseer-
kry-
giraf.
| |
6 EnsovoortsDaar's nog goed met wreder name:
Kwaggas uit die Kraggakame,
Piering-pinang-rottang-blatjang-oerangoetangs,
Middellandse-see-se-ruben-simeon-leviatangs.
Kom jul môre oor 'n week weer, dan miskien
Sal al die arkebroeders jul vir hul en hul vir julle sien.
|
|