Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Sê-nou (Soos 'n man met 'n ou maat en 'n nuwe idee) Sê-nou is 'n lekker sê: Alles wat 'n mens wil hê, Alles wat jou hart begeer, Kry jy daarmee en nog meer. Nooit kan jou die tyd verveel As jy altyd sê-nou speel. Sê nou, sê ek aan my maat Toe ons saam loop langs die straat, Sê, byvoorbeeld elke iets Van 'n motor tot 'n fiets, Perdekar of ossewa, Ryperd wat sy ruiter dra - Alles waarop mense ry, Kom onsigbaar hier verby, Net die mense - wat 'n klug! - Trek dan sit-sit deur die lug, Ooms te perd met lange baard Wip-wip luglangs doodbedaard; Snaaks sou wees die tremwa daar Twee verdiepings op mekaar; Maar die baie-sukkel trap Lyk my nog die grootste grap As jy net die fietser sien Maar geen spoor van sy masjien! Sê nou, antwoord toe my maat, [pagina 299] [p. 299] Jy hou op met onsin praat; Jy moet na die dokter gaan Met jou kop: daar skeel iets aan: Sulke mal gedagtes kry Kom van mallemole ry! Vorige Volgende