Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Van die os op die esel (Onthou dis 'n Malmesburyse graanboer, wat nie verniet brakwater drink nie, wat die rieme het.) Ek is baas van Middelpos En ry my gerwe aan. Die Pêrel roem sy druiwetros, Maar Koeberg het sy graan. Die branders spoel aan Bloubergstrand So groenrigblou en koud; Maar as die wind waai oor my land, Dan golf dit pure goud. Transvaal en Vrystaat prys die os, Wat stap vir stappie gaan; Maar trek ek met my esels los, Kan jy net stof sien staan. Vat, Reebok, Rietbok, Rooibok, vat! Kom, Steenbok, Springbok, kom! Toe, Gemsbok, Duikerbok, gee pad - Die dag is netnou om. [pagina 298] [p. 298] Ho Donkerbok! Wat is dit nou? Kyk hoe die esel sweet. Die man wat julle leisels hou, Moet van sy wêreld weet. Op Rosebank hoor 'n mens maar net: ‘Kyk water vir Middelpos! Sy miedens hoog, sy esels vet Voorsien die Kaap van kos!’ Vorige Volgende