Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 297]
| |
Wat die motor soos 'n tol
Myl vir myl na binne rol;
En ek wonder hoe dit lyk
As 'n mens nou t'rug sou kyk.
Ek voel seker en gewis
Dat daar glad geen pad meer is;
Dat die bossies en die gras
Groei waar netnou wapad was.
Want die motor, soos 'n tol,
Het die wapad opgerol!
Hoe sal ons die koers nou kry
As ons weer wil huis toe ry?
|
|