Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Om baie vinnig te lees (Moenie moed opgee nie - 'n perd struikel dan met vier bene en al.) Lang Jan Louw met sy blou pak klere Dra drie donker pronkpouvere; Saai die slaaisaad in die saadslaai-akker; Breek die vloerbrood van die bleke bakker; Laat sy broer se boermeel by die meule maal; Gaan die groenvoer van die graanvloer haal; Gee drie gerwe gras en groen gars aan Beaufleur, Roelf le Roux se ou blou ryperd voor die deur. Vorige Volgende