Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Trippe, trappe, trone in die droogte (Tweejarige kindertjies in die Karoo skrik hulle soms boeglam as daar op 'n dag water uit die lug val - maar moedertjies sing oral van groen grassies en waterplassies.) Trippe, trappe, trone, Varkies ... maar geen bone, Perdjies ... maar geen hawer, Koeitjies ... maar geen klawer, Gansies ... maar geen groene gras, Eendjies ... maar geen waterplas; Net my kind is gaaf en goed, Net my kind is welgevoed, Net my kind is vet en rond, Met twee kuiltjies naas sy mond. Kom tog, kom tog, witte wolkies, Vul die damme, vul die kolkies; Bring vir ons die liewe reën, Bring vir ons die hemelseën; Laat die waterlopies ruis, Laat dit lewe om die huis. [pagina 296] [p. 296] Laat dit lewe om die huis. Blêr van lammertjies en bokkies, Bulk van kalfies in die hokkies, Goetertjies wat speel en spring, Dan kan moedertjie weer sing: ‘Trippe, trappe, trone, Varkies in die bone, Perdjies in die hawer, Koeitjies in die klawer, Gansies op die groene gras, Eendjies op die waterplas, 'k Wens dat kindjie groter was Om die diertjies op te pas, Om die lammertjies te hoed, Om die hoendertjies te voed!’ Vorige Volgende