Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser–1 So is ongemaklikBring die kole, stook die ketels,
Sing die vuurwa om die draai.
Vul die vuurherd, voed die vlamme,
Want die opdraand hier is kwaai;
Stook-stook, stook-stook hyg my asem,
Swaar het hulle my gelaai;
Goed-hou, moed-hou tot die hoogte,
Helder sal die vonke waai;
So-so, so-so, dit word afdraand:
Netnou moet hul rem aandraai.
| |
[pagina 295]
| |
2 So is gemaklikLaat los my voet: my voet sit vas;
Ek snel met spoed, ek voel geen las;
Ligvoets loop ek, lossies-lossies;
Kyk hoe vinnig gly die bossies
Deur die tonnels, oor die strome;
Kyk hoe vinnig vlieg die bome,
Sneller, sneller deur die dale;
Kyk hoe vinnig vlieg die pale -
Waarvoor vlug hul agteruit?
Vir my vonke en my fluit.
|
|