Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Heldelied (Dit moet lekker wees om soos Dawid te voel toe hy gesing het: ‘Moab is my waspot, op Edom werp ek my skoen.’ - Voel so!) Ma het vir my 'n windbuks gekoop; Die besem is my ryperd; Bokspring kan hy, soos die wind kan hy loop. Wys my 'n perd soos my perd. Maar'k is ook generaal - Of is dit korporaal? Ek weet dis iets met aal - O ja, dis iets met aal - hoera! [pagina 294] [p. 294] Al met my roer in my regterhand Jaag ek nou dat die stof so staan; Reguit pyl ek na die vyand se land. Boeties, nou sal dit grof gaan; Want ek is generaal - Of selfs ook korporaal? Ek weet dis iets met aal - O ja, dis iets met aal - hoera! Kom weer die dag dat ek huis toe kan gaan, Ná 'n skitt'rende parade, Sien ek ons buurvrou se Grietatjie staan Met lekker sjokolade Net vir die generaal - Ja wel en spé-si-aal Net vir die generaal - O ja, net spe-siaal - hoera! Vorige Volgende