Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 293]
| |
Mê, Lammetjie, mê!
Lammetjie wei by die dammetjie;
Toe spring hy oor 'n slootjie
En breek sy agterpootjie;
Toe skree die lammetjie: Mê!
Mê, Lammetjie, mê!
Lammetjie wei by die dammetjie;
Toe kruip hy deur 'n poortjie
En skraap sy regteroortjie;
Toe skree die lammetjie: Mê!
Mê, Lammetjie, mê!
Lammetjie wei by die dammetjie;
Toe spring hy oor 'n hekkie
En breek sy dunne nekkie;
Toe skree die lammetjie: Mê!
Mê, Lammetjie, mê!
Lammetjie lê op die pannetjie;
Die vuurtjie het mooi doodgeraak,
En toe die kok die oond oopmaak,
Toe skree die lammetjie: Mê!
|
|