Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 292] [p. 292] Predikasie (Ernstig soos dit 'n man betaam wat al sy eerste kruisbande aanhet) Geliefde Gemeente, hier staan ek nou Om weer my Sondagpreek te hou; En, kan ek nie meer verder gaan, Begin ek weer van voor af aan: Farao verdruk die nasie - Hier begin die predikasie. Israel aanbid die kalf - Hier's die predikasie half. Deur die Dorsland veertig jaar - Predikasie amper klaar. Ramshoring en trompetgeskal - Jerigo se mure val. Israel 'n vrye nasie - Einde van die predikasie. Josua blaas op sy fluit - Kollekteer ... die diens is uit. * Die liefdesgawe ingesamel Lyk my besonder skraps en skamel, En in vervolg mag net dié sing Wat Sondag hul kollekte bring. Ek hoop dit is nou goed verstaan. Koster, hef die slotsang aan! Amen Vorige Volgende