Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die stout beentjies (Na 'n Duitse model) (In hierdie besondere geval kan dit maar manlike beentjies ook wees.) Goeiemôre, klein beentjies, Hoe heet julle dan? Elke ding moet 'n naam hê - 'n Naam en 'n van. My naam is Dapper, My naam is Stapper; Hierdie voet is Klein Parmant, Daardie voet is Stom-Astrant. Klein Parmant en Stom-Astrant - Baie eienaardig. Slenterstap en lanterfant, Deurentyd reisvaardig, Deur die modder, in die as, Vinnig deur die waterplas, Dat dit om die ore spat, Kleertjies vuil en skoentjies nat - Wat sal Mammie sê vandaag? Dis 'h hinderlike vraag. Loer klein Latjie om die hoek, Woerts! is albei weer op soek! Vorige Volgende