Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Raaisel (Raai-raai is 'n ou speletjie vir die jongste mensies.) Dis nie sus nie, Dis nie so nie, Dis nie onder, Dis nie bo nie, Dis nie slinks nie, Dis nie slegs nie, Dis nie links nie, Dis nie regs nie, Dis nie eintlik êrens nie, Darem ook nie nêrens nie, Raai nou bietjie: Waar is dit? In die middel - daar is dit! ('k Weet, sê Dieksie van oom Piet; Kakie het my daar geskiet!) Vorige Volgende