Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die bestelling (Manhaftig in eweredigheid met die besit van drie sjielings - wat nie gaatjies het nie - in die spaarbank.) Ná nog 'n maand en nog 'n week sal Sussie weer verjaar. Nou wil ek graag 'n ring bestel - 'n Goue ring vir haar. Ek het drie pennies elke maand 'n Jaar lank al gespaar. Die ring moet wees van pure goud Met 'n ronde diamant Wat soos 'n druppel dou moet blink, En langs die waterkant - As dit nie baie moeite is - 'n Appelboom geplant. [pagina 284] [p. 284] Die water moet so helder lyk - En elke maal as sy verjaar, 'n Ronde rooiwang-appeltjie ... Moet ‘ploemps’ 'n appel val - 'n Ronde rooiwang-appeltjie ... Ek dink dit is nou al. Ekskuus? Ja, dit is al - vereers; Maar later - dis my hoop - Word nog drie pennies uitgekeer Om klontjies mee te koop. Maar ringe is glo ook so duur, Ek weet - daar lê die knoop. Vorige Volgende