Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 283] [p. 283] As dit fluit-fluit gaan (Met die kwalik-verheelde trots van iemand wat van sy kordaatstuk vertel) Dit was 'n bitter dag vir my Die Sondag in die kerk; Waar ons sit, in die middelry, Word alles opgemerk. Die dominee hou skielik op; Die ouderlings kyk om; Rooi-skaam laat sak my ma haar kop, Want almal lyk verstom. Wel, tuis het ek 'n pak gekry En huil my byna hees. Maar dit was darem, glo vir my, 'n Lekker fluit gewees! Vorige Volgende