Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende O, so? Die vlieg in die aptekersalf, Die demper op die lewe Wat sorg verdubbel, vreug verhalf, Beperker van ons strewe - Dit was, dit is, dit bly altyd Die onomstotelike feit! Dit is die doodshoof in die kas Wat vreugde jonk laat sterwe En soos 'n ongenooide gas Die lewensfees bederwe: Geen knaender wederwaardigheid - En niks so pynlik - as 'n feit. [pagina 277] [p. 277] Gee'k my verbeelding vrye teuels En sweef ek deur die lug Op wydgestrekte arendsvleuels, Dan moet ek cito t'rug En staan ek in die werklikheid Voor een of ander blinde feit. As ek my lekker bly wil praat Oor toekoms of verlede, Kom juis die denkbeeld wat ek haat, En ... weg is al my vrede: Hier moet die ingeboekte slaaf Sy doen en laat met feite staaf! Maar eendag, anderkant die Maan Ver op die ster Canopus Waar feite nie soos koeie staan, Skryf ek my magnum opus Van ongekende heerlikheid: 'n Wêreld met geen enk'le feit! Vorige Volgende