Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 276] [p. 276] Snippie en die dominee ‘As die huwelik werklik heilig is’ (Dis Snippie wat so praat), ‘Waarom word daar dan in die hemel Geen huwelik toegelaat?’ Die predikant spreek heus bedagsaam En met gefronste brou: ‘Die antwoord skyn nogal bedenklik: Miskien is daar geen vrou!’ Vóór jy kon mes sê, had weer Snippie Haar sêgoed byderhand: ‘Die hele vraagstuk word my duidelik: Hul soek 'n predikant!’ Vorige Volgende