Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Pamperlang (Met 'n diepe buiging voor C.L.L.) Do right and fear no man; Don't write and fear no woman. Ek sê dit met keurige blomme, Met rose wat geure versprei, Met sagte en gloeiende kleure; Fluwele, satyne en sy; Parfume en kost'like reukwerk Wat d' Ooste welriekendste skink; Met lekkers, bonbons, sjokolade - Maar nooit nie, nee nooit nie, met ink! * Ek sê dit met oë wat aldeur Van stille bewondering spreek; Met lippe wat smag na 'n soentjie, 'n Hand wat 'n handdrukkie smeek; Met pêrels, kristalglas wat skitter, Met goud en juwele wat blink, Met al wat my hand of my hart vind - Maar nooit nie, nee nooit nie, met ink. Vorige Volgende