Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 270] [p. 270] Visvangs (Nie vir Vrouens nie) Wat! treur jy oor 'n meisie? My kragtie, kêrel, skaam jou; Jy is mos al 'n man, En die see is vol van visse - Ek dag jy wis daarvan. A.D. Keet Moet tog nie glo dat Keet nie wis nie: Daar's niks so glibberig as 'n vis nie. * Niks lyk so seker, niks gewisser As: Visse-kennis het 'n visser. Tog, weet hy na sy eerste dwaling Of hy 'n aal het of 'n paling? * Was van jaarvroeg af tot op hede 'n Visser met één vis tevrede? * Die liewe goud- en silwervisse Gee duisend-één ontsteltenisse. Goudvissers vind gou wat die fout is: Dat goudvis self so lief vir goud is! * Die visser vlei hom hy stel wette En word gevang in eie nette. Die visse maak hul nie beangs nie - Bewerk hul dan nie self die vangs nie? * Die ingevoerde is gevaarlik: Dié soort beantwoord hier beswaarlik (Dit leer ten minste die ervaring) Veral oorsése rooie haring. * [pagina 271] [p. 271] Daar's visser Salomo se trosie: ‘Net d' eerste honderd is ... die Josie.’ Is jy dan nog nie spesialis nie, Bemoei jou verder nie met vis nie! * Die saak bly vol van hindernisse, Al is die see ook vol van visse. * P.S. Ek staan oor Salomo verwonderd - Ek self besit 'n huisvrou honderd! Vorige Volgende