Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Landbou (Net vir Mans) Wat traak dit my met Annekie? Dis nie 'n handvol nie, dus 'n landvol; Dis nie geplant nie, dis gesaai. Jochem van Bruggen ‘Dit is nie handvol nie, maar landvol Gesaai en nie geplant.’ Al skryf jy ook 'n halwe krantvol Al in dieselfde trant, Al strooi jy arg'loos jou verstandvol Van sulke reënboogsand, Jou eie vrou bly 'n dubbel-handvol En stewig ingeplant. Vorige Volgende