Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 272]
| |
Die moderne kunskleedAg, moeder Eva, hoe kon jy
(Al was die appel sag)
Jou arme nageslag,
Die vrou veral, so swaar laat kry?
Gaaf sou dit wees hier in die son
In ‘moeder Evas drag’;
Maar nou moet mens versmag
Benede 'n hele jaart chiffon!
| |
Landskap in olieverf'k Neem aan dat hy die landskap verf
Presies soos hy dit sien;
Maar wat die hele saak bederf,
Besef hy nie miskien.
Dit is dat mens sy landskap sien
Presies soos hy dit verf!
| |
Portret in olieverfVergeefs moet ek daar op die doek
My vriend se wese en trekke soek:
'n Skelm lyk hy, betrap, gevang
En - seer tereg ook! - opgehang.
| |
[pagina 273]
| |
Kon ek maar net dieselfde doen,
Sou ek my met geen mens versoen.
Om met my vyand af te reken
Sou' k sy portret presies so teken:
'k Bederf sy naam en reputasie
Deur doek- en verfkwas-defamasie!
| |
In die sondagskool‘Ja, veertig dae agtereen
En veertig nagte lank gereën!
Dis 'n rekord tot op hede.’
‘Meneer, mag ek Meneer iets vra?’
‘Maar alte seker, Japie, Ja?’
‘Was die boere toe tevrede?’
| |
In die sinagogeDie sinagoge is volgeprop;
Die horing blaas, die kantor sing,
En elkeen dink sy eie ding.
Daar skielik word Max Goldberg naar,
En almal werskaf hot en haar.
‘Oi, oi! Oi, oi!’ ‘Waar is die pyn?’
‘Oi, oi!’ ‘Toe drink 'n bietjie wyn.’
‘Oi, oi!’ ‘Sal ons die dokter haal?
Of wil jy na die hospitaal?
Wat is verkeerd? Ons moet tog weet!
Jou sleutels by die huis vergeet?
Jou kas vol geld? Wel, wat daarvan?
Schlemihl! Hier sit ons almal dan!’
| |
[pagina 274]
| |
As ek ...As ek so wys as Nestor was,
Kon spot soos Aristophanes,
'n Wysgeer soos Pythagoras,
'n Filosoof soos Sokrates,
Geleerd soos Thales van Milétus,
of Pittakos van Mytiléne,
So spreukeryk soos Epiktétus,
So diep soos Bias van Priëne,
'n Digter soos Homeros was,
Kon dink soos Aristoteles,
'n Kunstenaar soos Phidias,
Geneesheer soos Hippokrates,
Of Mezofante, pront in tale ...
Sou 'k nou nie in 'n woordeboek
So dik en lywig as Van Dale
Die ouderwetse name soek!
| |
As ek nie ...As 'k nie van loue Westerstrande
Maar uit die goue Ooste was,
Dan had ek nou ook goud in hande
In plaas van bloue-duite-las.
Dan sou ek my nie so laat pier nie
Deur Oosterlinge, allemintig!
Dan wis ek twee en twee's nie vier nie,
Maar alte seker twee-en-twintig!
|
|