Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 255]
| |
1928Hoe heelmal anders is dit hede:
Dit krimp van bo, dit wyk benede;
En, vry soos fladderende vlinders,
So dartel-dans vandag se kinders.
Kort is die moutjies, kort die rokkies,
Die hare kort, en kort die sokkies.
Hoe korter, sê hul, hoe gesonder ...
Hoe leef die dokters nog? Ek wonder!
|
|