Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 247] [p. 247] Kinderkrans Laat staan die kindertjies en verhinder hulle nie om na my te kom nie; want van die sodanige is die Koninkryk van die Hemele. Matt. 19:14 Die Heiland was so moeg al - Sy liggaam en Sy gees - Die dag was so vermoeiend So kommervol gewees: Melaatse, kreup'le, blinde - Die ganse wêreldsmart: Ellende van die liggaam En weedom van die hart. Al seënend was Sy hande Die dag lank uitgebrei: Genesing, troos, erbarming Vir ieder mens wat ly. Besorg sien die dissipels Sy matte oë aan: ‘Die Meester kan nie meer nie; Die skare moet nou gaan. Die Meester moet nou rus kry, Ten einde is Sy krag. Die skare keer nou huiswaarts En kom 'n ander dag.’ Maar Jesus spreek: ‘Die kinders Kan Ek nie so laat gaan. Bring hier tot My die kleingoed En laat hul om My staan.’ Hy streel die kleine hofies; Die ogies bruin en blou: ‘Uit julle word uiteind'lik My Koninkryk gebou!’ [pagina 248] [p. 248] Die son werp uit die weste Sy laaste goue glans Op Jesus en die kleintjies: Die eerste Kinderkrans! Vorige Volgende