Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 246] [p. 246] Aanhouer wen! (Vry na ‘Never Mind’ van Ella Wheeler Wilcox.) Wat jou werk ook mag wees, wat sy waarde, Wat jy hier op die aarde probeer, Al vind jy verering, al wen jy waardering, Een of ander sal jou verkleineer. In die kuns is die kol van die teken Ook nie altyd so sigbaar gemaak Dat jaloersheid of lis nie kan skree: Dit is mis! Selfs al skiet jy die mikpunt ook raak. Dra die mense jou al op die hande, Moet jou egter geen oomblik verbeel Dat nie één uit die skaar wyd sal gaap en verklaar: Hoor, die stuk het my dood'lik verveel; Want die toring van kuns het veel trappe Langs sy duiselig-hoë spiraal, En bedrieglike skyn laat die kunstenaar klein Soms vertoon van die vloer van die saal. Dit is ‘Aanhouer Wen!’ in die kuns ook: Slegs volharding het kans vir die beker. Nie almal sal roem nie, nie almal verdoem nie - Maar 'n bietjie van albei is seker. Daarom, hoog sy jou doelwit en strewe Met geen wens vir 'n gawe of guns; Mag jy dan vóór jy sterwe, 'n hoekie verwerwe In die heerlike Tempel van Kuns! Vorige Volgende