Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdBioskoopGa naar voetnoot1Behind the veil - behind the veil. Tennyson
Langs alle strate, alle weë
Gaan mense heen, keer mense weer,
Loop mense saam, kom mense teë -
'n Stroom wat beide gaan en keer;
En daarom lê daar oral spore
Op elke pad, oor elke brug;
Een helfte daarvan gaan na vore,
Een helfte daarvan gaan weer terug;
En orals kruis daar kronkelpaaie;
Die een loop links, die een loop regs;
Maar ondanks ompad, ondanks draaie,
Uiteind'lik is daar één pad slegs;
Het net één rigting al die spore,
Gaan almal oor één noue brug,
Wys almal - groot en klein - na vore -
Want langs dié weg kom niemand t'rug!
*
Waar, wat is hul bestemmingsoorde?
Wat is hier waarheid? Wat is skyn?
Die slot van alle orakelwoorde?
Vraagteken op die valgordyn!
|
|