Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 243] [p. 243] Suster Sonneskyn ‘If the Doctors had more Christianity and the Christian Scientists more Science, it wouldn't matter very much which of them you called in, provided you had a good nurse!’ Mr. Dooley Ek dink aan haar as Suster Sonneskyn, Want waar sy in 'n siekekamer kom, Verander in iets skoons selfs smart en pyn Gelyk 'n bleke blom. Sy het geen antwoord as die mense vra Wat ons hiernamaals eendag sal verrig: Sy weet slegs hier's 'n taak haar opgedra - Dié is haar eerste plig. Die lewe - nie die dood - siedaar haar taak (En lewe op sy beste is kort van duur); Derhalwe moet sy heerlik nuttig maak Elk afgewoë uur. Één vraag sal altyd op 'n antwoord wag: ‘Wat is dan jou geloofsbelydenis?’ Sy is te besig met die kosb're dag, Vol vreugde en droefenis. Sy moet geloof hê - ja, in owervloed - Al loop sy nooit - nee nooit - daarmee te koop; Want moedig is sy, altyd blygemoed. Sy's self 'n stukkie hoop. Haar hande staan vir niks verkeerd; haar hart Lojaal en trou aan vriendskap, werk en eer. O, Suster van die Wêreld en sy smart, Wat kan 'n sterfling meer? [pagina 244] [p. 244] Ek hoor reeds die Engel met sy stem so sterk Luid roep, die dag as alle Skyn verdwyn: ‘Staan t'rug daar, here Prinse van die Kerk, Vir Suster Sonneskyn!’ Vorige Volgende