Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende In manus tuas, Domine (Elegie) Klein Gielie is nie meer nie, en die wêreld is 'n liewe glimlaggie armer. Die môre van sy lewe Het heerlik skoon beloof; Die Here het gegewe: Sy naam die sy geloof. Verydel ... hoop en drome; Verklink, helaas, die lied ... Die Here het genome: Sy heil'ge wil geskied. ‘Waartoe die lewenswonder, As in U hoë raad Sy son weer moes ten onder Nog met die daeraad?’ Deur trane van verlange Daal sag 'n fluist'ring neer: ‘uit Vaderhand ontvange: in Vaderarme weer.’ Vorige Volgende