Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Van 'n grootmoeder Gelyk 'n sagte bleke lig In stille heiligdom - So vreedsaam rus op haar gesig Die gryse ouderdom. Al wie die wonderwerk aanskou, Onwillekeurig vra: ‘Hoe kan 'n Moeder en 'n Vrou Geen spoor of teken dra Van al die storme oor haar heen? Geen letsel of geen merk Van bange nagte deurgeween En dae deurgewerk?’ Verlaat het nooit één dag haar voet Die noue weg van Plig, Haar stok en staf Geduld en Moed Deur Liefde vóórgelig. [pagina 242] [p. 242] Die hoë adel van die Vrou - Die huis se Koningin - Haar hele wese wys dit nou, Want sy het veel bemin. In awendglans en awendvree Beëindig sy die reis; Al langer word die skaduwee Wat na die Môre wys! Vorige Volgende