Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 245] [p. 245] Kleure-klank Et ego Johannes vidi sanctam civitatem Jerusalem novam descendentem de caelo a Deo, paratam, sicut sponsam ornatam viro suo. Apocalypsis XXI: II. Op Patmos-eiland in 'n visioen, Robyn en skemerglinst'rende Opaal, Het eens d' Apostelsiener neer sien daal 'n Kleurespel van Hemelsperlemoen: Jerusalem, gelyk 'n bruid versier Met Jaspis, Jasint, Beril, Krisopraas, Sardoniks, Sardis, Krisoliet, Topaas, Kalsédoon, Ametis, Smarag, Saffier! Toe hy die name op sy lippe neem, Was dié vir hom ook 'n juwelelied? Kleursimfonie, harmonies' diadeem, Weerskynend' weerklank, klinkend' koloriet? Die mens het al sy wonder, sy geluk In skoonheid, kleure in klanke, uitgedruk! Vorige Volgende