Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende L'Idéal 1 Anno 1688 Sy landgoed lê aan die Loire - Maar vryheidsliefde was die drang Wat hom gevoer het oor die bare Na verre Pêrelberg se hang. Gewyde grond, met hete trane Het jou die Hugenoot gedoop; Al woed om jou die oseane, Jy word sy Land van Goeie Hoop. Hy roem die landskap, berg en dal, En noem sy aanleg l'Idéal! Gelei langs wonderlike weë, Gered as brandhout uit die brand, Oor storm-gesweepte suiderseë, Te vind 'n nuwe vaderland. Helaas vir Frankryk, waar in grotte, [pagina 229] [p. 229] Spelonke en drassige moeras Haar kinders sterf of op skavotte, Asof hul nie haar beste was; Vervolg benoorde Maas en Waal, Maar volgend steeds die ideaal! 2 Anno 1915 Die grysaard wandel in sy boorde Terwyl die somerawend daal. Daar klink 'n noodkreet uit die noorde Van stamgenote aan die Vaal: ‘Die vryheidsdag - die langverwagte - Was maar 'n valse daeraad ...’ En in sy siel rys die gedagte Wat uitloop op die reddingsdaad: Die bloedgeld moet ons help betaal ... Vir vryheid ... vir 'n ideaal! Vlieg, witte duif, met wye vlerke, Vlieg oor die uitgestrekte land: ‘Verander woorde in dade, werke, Sterk broederhart deur broederhand. Hulpvaardigheid maak niemand armer: Oneindig ryker in gevoel; Barmhartig maak sigself ook warmer; Sien nie die uitslag, maar die doel.’ Deur Kaapland, Vrystaat en Transvaal Word Helpmekaar die ideaal! Sy eew'ge rus, die langbeloofde, Sal Hy wat Liefde is, jou skenk; Jou volk sal met ontblote hoofde Die adel van jou siel herdenk. Jou gees leef, tot in verre dae 'n Spoorslag vir die nageslag: Saam dra die lot se hardste slae. Rus aan jou siel. Jou slaap sy sag [pagina 230] [p. 230] hier regoor Drakenstein en Dal, Ou edelman van l'Idéal! Vorige Volgende