Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 227]
| |
ImpunduluGa naar voetnoot1Somers as die weerligstrale
Kettings tower telkemale
Oor die hoogland van Transvaal,
Kruip die kleingoed stil soos muise
In die hoeke van die struise,
Bang vir hardop asemhaal.
Tussen sware donderbuie
Kook InyangaGa naar voetnoot2 wonderkruie
Wat hy aan die deurpos smeer -
Kruie uit die donker klowe
Wat in donker bygelowe
Middels is teen sware weer.
Want daar bokant hoog - pezuluGa naar voetnoot3 -
Woon die blitsvoël - Impundulu -
In 'n groot tambotieboom,
Met sy takke in die wolke,
Met sy wortels in die kolke
Waar die boonste waters stroom.
Vlamme vuur straal uit sy oë
As hy neerblits uit die hoë
Op die aarde ver benee;
Dreigend dring sy stem na onder
In die dreuning van die donder -
Weerloos sidder mens en vee.
| |
[pagina 228]
| |
Skerper as die skerpste sabel
Is die krompunt van sy snawel;
Bloedrooi vere dek sy bors;
En sy slag laat alles bewe -
Bloedloos koud en sonder lewe
Lê die offers van sy dors.
Oorverdowend die gesketter
Waar hy alles slaan te pletter,
Hardste ysterklip vergruis;
Aia bid: ‘Unkulunkulu!Ga naar voetnoot4
Weer die wrede Impundulu
Van ons kraal en van ons huis!’
|