Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdUmzinyati.Ga naar voetnoot1(Spreek die u in Zoeloe-woorde uit soos die oo in Engels 1
In die Grootplek sit die Koning,
Tel sy beeste een vir een
Soos hul aangestap kom kraal toe -
Alles rustig om hom heen.
Maar dit lewe op die heuwels -
Heuwels groen van Zulu-land,
Want die grootwoord gaan die land deur,
En die oproepvure brand.
| |
[pagina 221]
| |
In gelid marsjeer die impi's,
Vorm die oskop-halwemaan,
Soos van ouds die Ama-Chaka
Om die grootstad van Dingaan:
Witte, swarte, rooie skilde,
Elke regiment apart;
Regs, die garde van die Koning,
Leeuvelskild en leeuehart;
Links, die jonger veerbosdraers;
Ligvoets loop hul en geswind
Dat die sakabula-vereGa naar voetnoot2
Heen en weer swaai in die wind.
Soos die donder op die berge
Trommel assegaai op skild,
Klink Bayete!Ga naar voetnoot3 uit tienduisend
Mannestemme sterk en wild.
Veldheer groot Dabulamanzi,Ga naar voetnoot4
Dapperste in heel die land,
Buig eerbiedig voor die Koning:
‘Heil U, Grote Olifant!
Berg van Sterkte! Leeu van Fierheid!
Tier wat doodspring in die nag!
Van die berge tot die seevlak
Onbetwis strek jou gesag!
Van die Swarte Umfolozi
Tot waar Umzimkulu vloei,
Het jou impi's al die nasies,
Elke vyand uitgeroei.
| |
[pagina 222]
| |
Ons asgaaie roes van stil-lê,
Vra 'n vete om te wreek.
Ongeduldig wag jou kinders -
Wat is jou bevele? Spreek!’
‘Ginder aan die Umzinyati
- So word my getrou berig -
Staan die Amabula-laer
Teen die Grootplek self gerig.
Delg hul uit soos wilde honde;
Maak die aasvoëls vet en dik;
Laat die swarte rawe feesvier:
Gee hul oë om uit te pik.
Dingiswayo! Dinizulu!
Laat geen enk'le lewendig;
Dink aan Hloma Amabutu
En Retief se sewentig!’
Met voldoening hoor die Koning
Sy getroue salueer,
Trots aanskou hy die ontplooiing
Van sy onverwinb're leër.
Later as die sterre fonkel,
Sluip hul snel oor berg en dal -
Wisse Dood wat nagt'lik opruk,
'Luidloos soos die blaar wat val.
2
In die Grootplek sit die Koning,
Wag vir tyding van die slag.
Oor die heuwels kom 'n bode
Aangeloop met al sy mag.
| |
[pagina 223]
| |
Kragt'loos sink hy op sy knieë,
Vrees en angs op sy gelaat;
Hygend na sy asem vra hy
Amanzi! - water - voor hy praat:
‘Kap die voete af, my Koning,
Wat so vinnig hierheen loop
Met die boodskap: Om die laer
Lê ons dooies opgehoop.
Hulle breek van op 'n afstand
Ons gevreesde halwemaan;
Trots die moed selfs van vertwyfeling
Is ons aanval afgeslaan.’
Voor die eerste nog kan eindig,
Kom 'n tweede aangesnel:
‘Sny die tong uit wat van onheil
Onherstelbaar moet vertel:
Dis geen slag nie, maar 'n slagting -
Ydel is ons hoogste moed:
Op die water dryf die skilde -
Op die water rooi van bloed!’
‘Vlug, o Koning,’ roep die derde:
Daar's geen ander uitweg meer,
Want die keur van al jou impi's -
Al jou kinders keer nooit weer.
Vlug, Dingaan! UnkulunkuluGa naar voetnoot5
Straf die Ama-Chaka-stam.
Môre staan UnkungunhlovuGa naar voetnoot6
Ook in ligtelaaie vlam!’
| |
[pagina 224]
| |
3
Ginder aan die Umzinyati
Styg - waar dankb're trane val -
‘Prys den Heer met blijde galmen’
Uit die laer op die wal!
|
|