Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Amakeia ('n Voorval uit die Sesde Kafferoorlog) In die skadu van die berge, Bos-beskut aan alle kant, Staan alleen die hartbeeshuisie Op die grens van Kafferland. Saggies neurie Amakeia Op die wal van Kei-rivier, Tot hy slaap, die tere wiggie Van die blanke pionier: ‘Stil maar, stil maar, stil, Babani, Kyk hoe blink die awendster. Niemand sal vir kindjie slaan nie - Stil maar, al is Mammie ver.’ Amakeia had belowe Toe haar nonna sterwend was, Om die hulpelose kindjie Tot hy groot was, op te pas. Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind, Tot vir hom die lewenslig Straal uit aia Amakeia's Vrind'lik-troue swart gesig. [pagina 225] [p. 225] Onheilspellend sien sy tekens, Oorlog kom daar in die land: Snel die inval, huis en hawe Uitgemoor en afgebrand. Selfvergetend, doodveragtend, Met die wit kind op haar rug, Na die Amatola-berge Het sy ylings heen gevlug. ‘Stil maar, stil maar, pikanienie, Oor die bergtop rys die maan. Niemand sal vir ons hier sien nie; Môre sal ons huis toe gaan.’ Ag, dat oë van verspieders Ook haar skuilplaas moes ontdek! ‘Spaar hom, hy's so klein nog,’ smeek sy Met die hande uitgestrek. Woedend tier die wilde bende: ‘Sterf of gee die wit kind hier!’ ‘Oor my lewelose liggaam...’ Antwoord Amakeia fier. ‘My belofte aan my nonna - Beste wat daar ooit nog was - Waar hy gaan, moet Amakeia Saamgaan om hom op te pas.’ ‘Is jul lewend nie te skei nie, Bly dan in die dood vereen - Kort proses met haar, 'Maxhosas, Laat die blink asgaaie reën!’ * In die Amatola-klowe Sing nog net die winterwind Deur die riete in die maanskyn: ‘Tula - Tula - stil, my kind!’ Vorige Volgende