Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Van Verlore-vlei Aan Marie Jy is die leeurik, Ek is die vlei; Hoog in die bloute Vlug jy vir my. Wagtende, Smagtende, Staar ek tot jy Ver uit die bloue lug, Her uit die koue lug T'rugkeer tot my. Jy is die leeurik, Ek is die vlei. Son-goud en ster-stof, Glans van die maan, Vuurlig en vér-lig Dié trek jou aan, Dugtende, Vlugtende, Steeds onvoldaan. Dié verontrus jou weer, Ek alleen sus jou weer, Alles is waan: Son-goud en ster-stof, Glans van die maan. [pagina 218] [p. 218] Kom, my beminde, Vreugd' onbeperk, Hygende boesem, Neigende vlerk, Hygende, Neigende, Hoog uit die swerk, Immer weer wiegende, Nimmermeer vliegende, Liefde te sterk - Kom, my beminde, Vreugd' onbeperk. Vorige Volgende