Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 206]
| |
2 'N predikant (18e eeu)Kom sê my die beduidenis
- Ek moet my so verwonder -:
Langdradig op die preekstoel is
So kort van draad daaronder.
| |
3 'N geneeskundige (19e eeu)Hy ken die mens van A tot Z;
Noukeurig het hy als ontleed;
So haarfyn op die lyk gelet
Dat hy die mens se siel vergeet.
| |
4 'N volksleier (enige eeu)Sy volk sal hom vereer, vertrou,
Die toekoms in sy hande laat.
Vir hom sal hulle glo al sou ...
Al sou hy ook die waarheid praat!
| |
5 'N strydbare man (onbekende nasionaliteit)Die harde stryd het hy vermy,
Sy burgerpligte nie wou doen.
Nou op sy oudag lewe hy
Van sy ‘Oudstryders’-pensioen!
| |
6 'N pedagoog (begin 20e eeu)Hy het so in een groef geraak
Tot hy daaraan gewen is.
Die enige spys wat hom nog smaak,
Is sware knoedels kennis!
| |
[pagina 207]
| |
7 Boer en Brit (groep 19e eeu)Net soos die vlieë is die Boer:
Vroeg in die bed, vroeg aan die roer.
Net soos die vlooie
Is die ou Rooie:
Dis laat voor hy tot stilstand kom,
En vroeg soek jy verniet na hom.
| |
8 'N jonge dame (westelike provinsie ná 1803)Natuurlik is sy fyn beskaaf,
Natuurlik is sy baie gaaf.
Die yarns wat ons ge-spun het!
‘Onlangs het ons 'n play ge-stage,’
Vertel sy. ‘Dit was so die rage
Dat dit three nights ge-run het!’
| |
9 S.O.E. (groep met 'n vlag)Hul lyk vir jou afgryslik kwaai,
Hul maak 'n yslik groot lawaai.
Maar leer tog nou die les:
Staan op jou punte, staan jou man,
Loop altyd tromp-op, vriend, en dan
Sein hul gou s.o.s.!
| |
10 Die sagte antwoord (groep modern)
| |
[pagina 208]
| |
11 'N klein misverstand
| |
12 'N bekende gesigDie Medisyne is my Vrou,
Die Kuns is my Vriendin.
Deur eerste word ek druk gehou,
Die tweede sien ek min.
En dit is goed vir u,
En goed is dit vir my:
Als ik het kwade wil,
Ligt 't goede mij nabij!
|
|