Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 200]
| |
2 AnamnesisGa naar voetnoot1Kyk, Dokter, bietjie na my keel -
Kan jy daar niks bespeur?
Jy kan jou seker nie verbeel
Drie plase is daardeur!
| |
3 Tweërlei beweegredeTant Hannie snik: sy vrees die dood,
Want sy voel glad nie wel;
En vóór haar bed sit sug oom Koot:
Hy vrees ... sy mag herstel!
| |
4 Aan die veilige kantBernardus huil en steun en sug
Oor sy oorlede Leen:
‘My trane bring haar nooit weer t'rug ...’
Dis veilig om te ween!
| |
5 Ongeskik vir uitvoerDat jy 'n wêreldreis gaan doen -
Daaraan getroos ek my miskien;
Maar dat die wêreld jou moet sien -
Daarmee kan ek my nie versoen!
| |
6 Ja-nee!‘Die man,’ sê sy, ‘wat my wil hê,
Moet 'ja' en 'nee' beslis kan sê,
Of ek wil hom nie hê nie.’
| |
[pagina 201]
| |
Maar toe sy in die huw'lik tree
Met één wat altyd sê: ‘Ja-nee’,
Sê sy: ‘Ag wat, dit sê nie!’
| |
7 GeneesHy was één klaaglied en één kwaal;
Van kindsbeen was hy moeg gewees.
Nou is hy tog van asemhaal
En al die res vir goed genees!
| |
8 Tyd is geld?Die mens wat dink geld het veel waarde,
Bly tog 'n tydverkwister
Al koop die skatte van die aarde
Nie één minuut van gister.
| |
9 Il duceGa naar voetnoot1Ek droom ek sien 'n groot begrafnis
Met swarte pluime en roufloers uitgerus,
Ek droom ek hoor die mense sê dit is
Die lykstoet van die groot politikus.
(O Dood, - io triumphe! - hoe het jy
Eensklaps die gladde tong, die skrander hoof,
Die sterke wil doodstil - morsdood - gekry
En al die gloed en ywer uitgedoof?)
| |
[pagina 202]
| |
Verbyster moes ek in my droom bespeur
Dat mense ginnegaap en grappies maak
Asof hul nie besef wat daar gebeur;
Asof die ganse treurspel hul nie raak.
Maar ek ontwaak met trane op my wang:
'k Het tog gehoop hy word nog opgehang!
| |
10 Verse en verse‘Oom Jan, ek het 'n vers gemaak -
Vir my is dit geen sware taak.’
Piet skrywe - dit nou maar sub rosa -
In elk geval berymde prosa.
Oom Jan se bril gaan stadig op,
Bedenklik skud oom Jan se kop:
‘Jou aandag moet jy maar bestee
Aan dié wat later melk sal gee!’
| |
11 KismetGa naar voetnoot1Jy wil - maar jy kan nie;
Jy kan - maar jy moenie;
Die Lot speel die troefkaart -
Maak nie saak wat jy doen nie!
| |
12 CupidoNiet steeds is de liefde bestendig van duur. Tollens
'n Koele bos
In lentedos,
Al op 'n liewe lentedag,
En daar omhoog,
Met pyl en boog,
Sing Cupido met al sy mag.
| |
[pagina 203]
| |
'n Jonge paar
Sit daar en staar
Die opperste klein skelmpie aan.
‘Ek wonder tog
Hoe lank hy nog
Sal bly, en of hy weer sal gaan.’
‘Ag nee, my lief,
Moet asseblief
Aan liefde nie wil perke set.’
‘Ek wil nie, skat,
Maar merk tog dat
Die klein karnallie vlerke het!’
| |
13 OorhoeksTeen iemand vas loop skeeloog-Jan,
Maar wil dit nie laat blyk nie:
‘Jy kyk nie waar jy loop nie, man!’
‘Jy loop nie waar jy kyk nie!’
| |
14 In die katkisasieklas‘Ja, veertig dae agtereen
En veertig nagte lank gereën -
Dis 'n rekord tot op hede.’
‘Meneer, mag ek Meneer iets vra?’
‘Maar alte seker, Japie. Ja?’
‘Was die boere toe tevrede?’
| |
15 In die sinagogeDie Jode-kerk sit volgeprop
Van mans met swarte keiltjies op.
Die Ramshoring blaas - die Kantor sing
En elkeen dink sy eie ding.
| |
[pagina 204]
| |
Daar skielik word Max Goudvis naar
En almal werskaf hot en haar.
‘Oi, oi! Oi, oi!’ - ‘Waar is die pyn?’
‘Oi, oi!’ ‘Toe drink 'n bietjie wyn.’
‘Jy wil nie na die hospitaal?’
‘Ook nie vir jou die dokter haal?’
‘Wat skeel jou dan? Ons moet tog weet.’
‘Jou sleutels by die huis vergeet?!
Jou kas vol geld? Wel - wat daarvan?
‘Schlemihl! Hier sit ons almal dan!’
| |
16 'N landskap in olieverf'k Neem aan dat jy die landskap verf
Presies soos jy dit sien
Maar wat die hele saak bederf
Besef jy nie miskien:
Dit is, dat ek jou landskap sien
Presies soos jy dit verf!
| |
17 'N portret in olieverfVergeefs moet ek daar op die doek
My vrind se wese en trekke soek.
'n Skelm - lyk dit - betrap, gevang
En - seer tereg ook! - opgehang.
Kon ek maar net dieselfde doen
Sou ek my met geen mens versoen.
Om met my vyand af te reken
Sou'k sy portret presies so teken:
'k Bederf sy naam en reputasie
Deur doek- en verfkwas-defamasie!
| |
[pagina 205]
| |
18 Goeie raadAg, moenie
Dit doen nie,
As jy nie
Weet hoe nie!
| |
19 Swaansang
| |
20 Die kunsJulle vind die lied nie mooi nie, vrinde.
Julle staan oor my bewond'ring stom.
Julle vra: Waar is die lied te vinde?
Kyk, dis juis waar die kuns in kom.
|