Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Oorsaak en gevolg Post hoc ergo propter hoc. ‘Nou gaan daar seker iemand dood: Die hond doen niks as huil, En op die huis se vors sit steun Hoe-hóé, hoe-hóé 'n uil.’ Tant Elsie skrik en wonder wat Daar in die donker skuil. Tant Elsie laat ‘die boeke’ haal - Wat is 'n sterweling? -, En met 'n krakie in haar stem Begin sy hardop sing. Die ander dag was Fido dood - Die uil ook - arme ding! Vorige Volgende