Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 195] [p. 195] Die kunstenaar ‘Frans Hals - Begraven op Kosten van de Parochie.’ (Opskrif op 'n grafsteen in die Grote Kerk, Haarlem, Holland.) Dis in die harde klip gebeitel: - Mens twyfel: staan dit daar of nie? - Hier lê die kunstenaar begrawe ‘Op kosten van de parochie!’ So kry die trots van stad en nasie - Kan mens jou oë glo of nie? - 'n Laaste dosis Haarlemensis ‘Op kosten van de parochie!’ So gee aan Hals, die roem van Haarlem, - Moet mens hier lag of moet jy ween? - Wat op sy oudag brood moet bedel Die dankb're vaderland ... 'n steen! Maar nou - nou word hy opgehemel - Mens moet net tot jy dood is, wag! - Bedwing, Frans Hals, in gindse wêreld Net soos jou kavalier ... jou lag! Vorige Volgende