Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdProfeteer of profiteer?
| |
[pagina 190]
| |
Dit smaak vir my hy's baie bang;
En wat 'n bang mens aan kan vang,
Daartoe is hy kapabel.
As ek nie gou-gou seesiek word,
Dan is my tydjie baie kort -
Dit moet nou na 'n kant toe!’
Die walvis spuit 'n waterboog,
Sy passasier fluit: Hoog, omhoog!
Daar trek hy na die land toe!
‘Ek het kon raai 'n stokou haai
Is taamlik tameletjietaai,
Maar nooit het ek geweet nie
'n Walvis kon hom so misgis:
'k Het nooit kon dink sy moses is
'n Ninevees profeet nie!
Vaarwel! Hebreër, Griek, Romein,
Vaarwel! Kartager en Algryn,
Egipte- (en ander!) nare.
Nou suidwaarts weer na Walvisbaai,Ga naar voetnoot1
Vanaand maak ek 'n Kaapse draai
By Herklaas se Pilare!Ga naar voetnoot2
Profeet, ek het my les geleer;
'k Sal stellig daarby profiteer -
Shalom Aleichem,Ga naar voetnoot3 Jona!
Te midde van die Poolse ys
Gaan eet ek Poolse koue vleis,
Maar Poolse Jood ... Aikona!Ga naar voetnoot4
| |
Op die koop toe | |
[pagina 191]
| |
Maar die profeet van Ninevé
Was van geaardheid ontevree.
Ná hy 'n ruk gelê het,
Was sy erkentlikheid nie groot.
‘Dis van die walvis in die sloot,’
Is al wat hy gesê het.
‘Oi, oi!’ - en daarmee was hy vort,
Maar lees die nuwe uithangbord
Op Ninevé se strate:
Die Walviskompanjie bied aan
'n Aandeel in hul Lewertraan-
Ontginningsindikate.
Voorts doen hul sake in balein,
In talmudsakkeGa naar voetnoot5 groot en klein;
Leen geld uit op verbande,
En teen 'n ongehoorde prys
'n Kleine voorraad ambergrysGa naar voetnoot6
Het hulle nou voorhande!
| |
SlotVergaar die shekelsGa naar voetnoot7 - dis die saak.
Hoe sal 'n arme mens tog maak
As dit nou maar sy lot is?
In alles lê vir hom gewin:
Op land, in water - ja, tot in
Die galblaas van 'n potvis!
| |
[pagina 192]
| |
Want profeteer, sê hy tereg,
Betaal teenswoordig baie sleg:
Daar's geen profyt in drome;
Maar Aandeelmark en Parlement
En Pers floreer deur sent-per-sentGa naar voetnoot8
Of kwyn ... soos Wonderbome.
|
|