Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 189] [p. 189] Nat en Sap Toe Noag strand teen Ararat, Die Ark begin in puin raak, Toe sê hy: ‘Aarde, maar dis nat! Nou kan 'n mens weer tuin maak! Het ek nie met die Ark geswoeg, Was ons ook in die pekel. Aan water het ek nou genoeg ... 'n Lewenslange hekel. Kom, Sem en Gammie, maak nou gou Vir Pa mooi reguit slootjies; En Jaaf, my kind, kom plant jy nou Vir Pa die wingerdlootjies.’ Die kromhout groei, en Noag skink Sy sap 'n bietjie later: Daarin is sedert meer verdrink As in die Vloed se water! Vorige Volgende