Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Orpheus en Eurudike (Net vir Mans en Musikante) ‘Dis weer 'n splinternuwe ding...’ Roep Pluto bitsig uit. ‘'n Ongestorwe sterweling Kom speel hier op sy luit! Vermetele! Wat skort aan jou? Trotseer jy my gesag?’ ‘Ek eis Eurudike, my vrou!’ Toe dreun dit soos hul lag. ‘Gedug, o dom-astrante vent, Moet wees die straf vir jou: Ja, dawer op jou fondament - Neem wat jy eis ... jou vrou!’ Weer skater almal van die lag, Satanies vol van hoon: ‘Hy't nie so gou sy wens verwag - Dis sy verdiende loon!’ Daar klim die twee so nou verwant Die steile paadjie uit, Maar, soe! toe speel die musikant So roerend op sy luit, [pagina 193] [p. 193] Dat Pluto self ontroerd bly staan, Want sy gemoed skiet vol, En dan en wan 'n ystertraan Oor neus en wang laat rol. ‘Herroep die vonnis: dis te swaar. 'k Besef in elk geval Die kêrel is 'n kunstenaar - En dié is altyd mal. Sy speel het my so aangedaan! Bring weer die vroumens t'rug, En laat hom ongehinderd gaan Tot in die vrye lug!’ Vorige Volgende