Moeris (Méér-is): Kunsmeer in Oud-Egipte - beroemd vir sy wyn. Kleopatra het wyn van Moeris aan Antonius gegee by die historiese maaltyd.
Tamera (Ta-mér-a): Egipte (Letterlik: Land wat ek liefhet!)
Adelare: Die gestorwe Farao gaan volgens hulle tradisie met die twee wisselende skuite van die Son (Atet en Matet - Voormiddag en Namiddag) onder toejuiging van die matrose van Ra, die Songod.
Falernus Aggei: Beroemde Romeinse wynplaas (vide Horatius).
Kupros: Ciprus van die Bybel beroemd vir sy wyn (Ana Kreon).
Hellas: Griekeland.
Cavalcanti: Vrind van Dante en digter. (Dit het Dante nie verhinder om Cavalcanti sr. in die hel te sit nie (Divina Commedia), omdat hy 'n politieke teenstander was!)
Lacryma Christi (La-Krie-ma Kristi): Trane van Christus. Soetwyn wat op die helling van Vesuvius gemaak word.
Chianti (Ki-anti): Suur wyn van Toskane.
Bourgogne ens: Spreek uit Boergonje, Dordonje, Gaskonje.
Koblenz: Latyn confluens = saamvloei.
Hawékwas: Berge naby Wellington.
Sombrero: Spaans vir hoed.
Prado: Spaans vir plein.
Oporto: Die Alto-Douro-distrik is vir Portugal wat die Haute Lorraine vir Frankryk is (die Champagne).