Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende [pagina 179] [p. 179] 'n Vrye volk Danklied (Melodie: Kent Gij Dat Volk) 1 Heldhaftig het ons Voorgeslag Getrek, gely, geveg - Vertrouend op die Heer se mag En op hul goeie reg; Die Stryd volstaan met leeueharte, Met mannemoed en eer, Gesmaak die bitterste van smarte: 'n Vrye volk nie meer! 'n Vrye volk, 'n Vrye volk, 'n Vrye, vrye volk ... nie meer! 2 Maar Hy Die in Sy sterke hand Die wêreldryke dra Bestem die lot ook van ons land, Beskerm Suid-Afrika. Uit kwaad is tog weer goed gebore, Uit ons vernedering ... Eer; En wat die oorlog het verlore Bring ons die vrede weer: 'n Vrye volk, 'n Vrye volk, 'n Vrye volk dank U, o Heer! Vorige Volgende