Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die Marseillaise Het Hannibal met sy trawante, Soldate, slawe en olifante Die Alpe oorgetrek, Weer word verskrik die adelare Deur krygsrumoer van leërskare Wat klank en weerklank wek. Op sneeuveld en op hoë kranse Val op die driekleur van die Franse Die late middagson Swaar swoeg 'n grofgeskutbemanning, Maar trots die grootste kragsinspanning Bly roerloos die kanon. Daar kom die veldheer Bonaparte, En moed herleef in alle harte Met ‘Vive Napoleon!’ ‘My kinders,’ vra hy, ‘weet jul dan nie Daar is nie so 'n woord as “kan-nie” In Jeug se leksikon? My kinders, algar, jonge en gryse, Hef aan met my die Marseillaise. Dit moet, dit sal geluk!’ ‘Allons, enfants de la patrie ...’ Klink dit op hande, voete, knieë ... Daar rol die sware stuk! [pagina 177] [p. 177] Ou snorrebaarde en kadette Vergeet hul moegheid, wuif die pette, Juig tot die trane val. Die man, die lied - is dit geen wonder? Dit ruis hier bo, dit dreun daar onder: ‘C'est le petit Caporal!’ O, vir 'n lied wat vleuels dra, 'n Lied vir jong Suid-Afrika! 'n Wonderlied van vuur en gloed Wat, wie dit hoor, laat sê: Ek moet! 'n Lied wat albesielend tril, Wat, wie dit sing, laat voel: Ek wil! Die matte vrou, die moeë man Weer moed laat skep en dink: Ek kan! En of ek staan dan of ek val ... Ek moet - ek wil - ek kan - ek SAL! Vorige Volgende