Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 175]
| |
Maar hoorbaar stilte heers, geen wagvuur brand,
Asof èn kind èn redelose dier
Besef die lotbestemde plaas is hier
En uit die uurglas loop die laaste sand.
Al nader, onheilspellend, keer op keer
Dring dowwe klanke dreigend uit die nag.
Die dreuning ken die Boer: die donderweer
Van Amazoeloes saamvergaarde mag
In duisende wat op die skildvel slaan:
Die nooit-verwonne impi's van Dingaan!
| |
2 DagbreekGroot moet die hart wees wat hier pal kan staan,
O onverskrokke manne van die daad,
Nou teen die laer die hel word losgelaat,
Dood en verderf tot hoor en sien vergaan;
Die afgryslikheid van Bloukrans voor die oog:
Die wawiel nog gevlek met mensebloed.
Die stormloop feller, altyd meer verwoed,
Gevaar rondom en vér die hemel hoog.
O broederbende, onwrikbaar as 'n rots
Kalm in die stormbewoë oseaan
Waarteen die swarte branders brekend bots
En skuimend elke pluim te pletter slaan,
Swart was die nag en rooi die daglumier
Voor die opgaan van die son van Bloedrivier!
| |
3 DagO heldeskaar wat in julle sieleangs
Julle hoë sieleadel het behou,
Aan eer en vryheid tot die dood getrou,
Vermoeid, verwond, die harde trekpad langs,
Hoe kan ons julle dank of eer betoon,
Aan julle nagedagtenis vergoed
Volharding weergaloos en stoere moed -
Ons wat op julle bloedspoor vreedsaam woon?
| |
[pagina 176]
| |
Geen marmersuil maak julle roem bekend,
Maar elke boerehuis wat veilig staan
En elke ploegvoor, elke land vol graan
En elke pad is julle monument!
Vryheid het jul gedrywe, 'n blanke wig
In donker Afrika - en daar was lig.
|
|