Saam met die erkenning van ons onafhanklike status, in verband waarmee sy naam sal lewe in die geskiedrolle van Suid-Afrika, bring genl. Hertzog ook die ou staatswa van die gewese Suid-Afrikaanse Republiek terug van Londen, waarheen dit vervoer is as oorlogsbuit ná ons Tweede Vryheidsoorlog. Die teruggawe van hierdie historiese gedenkstuk op hierdie tydstip deur die Burgemeester van Londen, is 'n daad van edelmoedigheid wat onwillekeurig ons erkentlikheid en tewens ook ons bewondering afdwing.