Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd
[pagina 167]
| |
Net soos 'n lammetjie verkluim
In bitt're winternag,
So kil, so koud was hy oplaas,
So stil sy blye lag.
Hulle sê hy sal gelukkig wees:
Waar hy is, is geen smart;
Maar wie sal nou Klein Sonneskyn
Sag troetel aan haar hart?
Ek weet net - deur die lange nag,
Totdat die lig weer kom -
Ek weet hoe my arms pyn
Met ledigheid van hom.
Hoed ook my lam, O Lam van God,
O Kindervriend en Hoeder.
Wie kan hom in die Groot Heelal
So liefhê soos sy moeder?
|
|