Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Die sterwende Romein tot sy siel Vry na die Latyn: Adriani morientis ad animam suam.Ga naar voetnoot1 My liewe, vriendelike sieltjie kleen, Sal ons twee maats nie meer tesame lewe? Ek sien alreeds jou vlerkies angstig bewe Of jy wil vlieg ... jy weet ook nie waarheen. En sal jou grappies langs die slingerpad, Met al die op- en afdraans van die lewe, Jou bleke, koue naaktheid nou begewe? Jy hoop en vrees ... jy weet ook self nie wat! voetnoot1 Animula, vagula, blandula Hospes comesque corporis Quae nunc abibis in loca, Pallidula, frigida, nudula, Nec ut soles dabis jocos? Vorige Volgende