Versamelde gedigte
(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermdArachne
| |
[pagina 158]
| |
Wat kom op die held're noen,
Spinnekop, jy nou hier doen?
En - betrag jou môrevangs:
Sorg en kommer - vrees en angs!
'k Wonder of jy self wel weet
Jy's 'n ongeluksprofeet?
Jy verswaar die las van smart
Op die arme mensehart.
Vang en hou die Papie Sorg
Wat ons in sy weefsel worg.
Driemaal welkom, awendspin.
Hoop en moed bring jy weer in,
Goue strale van die dag
Glinster in jou fyne rag
Met die Vlinder van Geluk,
Awendbeeld van môredruk.
Soet na lyding - stille rus;
Na verwyd'ring - welkomskus;
Soet na twyfel - hoop en moed.
Spin jou draad: Eind' goed, al goed!
|
|