Versamelde gedigte(1981)–A.G. Visser– Auteursrechtelijk beschermd Vorige Volgende Nemesis Deposuit potentes de sede et exaltavit humiles. Magnificat (Luk. 1:52) Onuitspreeklik sug die Skepping Wyl die onkruid welig tier; Onverklaarbaar toef die Regter Wyl nog onreg hoogty vier; Swaar geteister wag die mensdom Op die magwoord: ‘net tot hier!’ Reg maar altyd aan die Kruishout; Onreg altyd op die troon; Maar die kruis beheers die toekoms, Want in diepe skadu woon Ongesien die Onregwreker - En regverdig is Sy loon. [pagina 156] [p. 156] Hoog die seder, diep sy wortels, Wyd sy takke, groot sy eer. Niks gedoog hy in sy skadu, Selfs die grasspriet groei nie meer; Maar die byl is aan die wortel Reeds gelê. Daar stort hy neer! Albeheersend, onverwinlik Ry die Armada van die ree, Meesteresse van die golwe, Kom 'n storm van liewerlee. Waar is al die reusgevaartes? Vra die bodem van die see! ‘Leef in Ewigheid, o Koning, U gesag sal altyd duur.’ Bowe almal hoog verhewe Voel hy 'n Godheid in die uur. Grootheidswaansin: mene tekel Skryf die hand reeds teen die muur. Magbewus woed die geweldenaar, Rig te gronde stad en land; Sluit die deure van genade, Laat 'n spoor van bloed en brand, Onbewus nog van die kanker In sy eie ingewand. Woekerwins begeer die Geldsug - Nooit versadig, nooit tevree - Ondanks ondergang van volke, Menseleed en wêreldwee. Dwaasheid: Wrang is al sy vrugte, Bodemloos die Dode See. [pagina 157] [p. 157] Vry die Mens - tog steeds in boeie, Steeds die Denker in die ban; Op sy via dolorosa Lê die spoor van die tiran; Maar - regverdig rig die Regter Wat die laaste vierskaar span. Alle onreg eis vergelding Deur die mens se hand gepleeg, Alle trotsheid word verneder, Alle trane afgeveeg In die saal waar menseharte Teen 'n veertjie word geweeg! Vorige Volgende